Saturday 3 November 2012


Die Geheim van Groukatlaagte is die eerste titel van die Gedaantes en Geraamtes-reeks spookstories. Hierdie boek is in 1995 met die ATKV-prys bekroon.




Wikus is die blondekop, wat alles van spoke en hul dinge weet. Hy het ook nie 'n banghaar op sy kop nie. Oral waar hy kom, is daar of 'n dwaalgees of 'n poltergees wat hy tot rus moet laat kom. Karel is die swartkop met die kamera oor sy skouer. Hy neem elke keer per ongeluk die afgestorwe gees af. Giepie is die slim, bang seun wat nie altyd weet of hy Wikus, wat glad met die mond is, kan glo nie.
Al drie die seuns is in Gr 9 Parow Hoƫrskool. Hulle speel krieket en rugby. Al die kinders tussen die ouderdomme van 10 - 12 jaar sal hierdie reeks spookstories terdeƫ geniet.

Die Geheim van Groukatlaagte is in Gedaantes en Geraamtes Omnibus 1 opgeneem.  Lekker lees!

1 comment:

  1. Gedaantes en Geraamtes Omnibus 1 het alreeds in 2009 derde druk beleef

    ReplyDelete