Saturday 20 April 2013

Kerkenberg tot Bloedrivier

Hierdie historiese jeugverhaal kan ook as 'n oorkruisroman beskou word, aangesien dit deur kinders sowel as volwassenes gelees en geniet sal word. Kerkenberg tot Bloedrivier speel af in die jaar 1838 van Januarie tot Desember met die Slag van Bloedrivier. Kerkenberg tot Bloedrivier herdenk die 175 jaar van die Groot Trek en die Slag van Bloedrivier.

Historiese jeugroman uitgegee deur LouDanis Pen
Die rots waarop Deborah Retief haar vader, Piet Retief se verjaarsdag in groen verf op die rotswand geskryf het.
 


 Die skrywer by die onherbergsame Kerkenberg

 






 Die slag van Bloedrivier toe die son vir die Zoeloemag ondergegaan het.

Friday 7 December 2012

Louise Prinsloo: Onderwysgidse

Louise Prinsloo: Onderwysgidse: Onderwysgidse vir Gedaantes en Geraamtes Omnibus 1, 2 en 3 is by Human & Rousseau Uitgewers beskikbaar. Die omnibusse word met gr...

Onderwysgidse




Onderwysgidse vir Gedaantes en Geraamtes Omnibus 1, 2 en 3 is by Human & Rousseau Uitgewers beskikbaar. Die omnibusse word met groot sukses in Gr 9 Afrikaans Eerste Addisionele Taal aangebied.

Friday 9 November 2012

Louise Prinsloo: Duiwel in die Bos

Louise Prinsloo: Duiwel in die Bos: Hierdie spookstorie is die tiende en laaste storie in die Gedaantes en Geraamtes-reeks. Duiwel in die Bos is die outdyse naam vir die kosmos...

Duiwel in die Bos

Hierdie spookstorie is die tiende en laaste storie in die Gedaantes en Geraamtes-reeks. Duiwel in die Bos is die outdyse naam vir die kosmosblommetjies wat langs die Hoëvelde paaie gevind word, en daarom het ek gedink dat Duiwel in die Bos  'n beter titel vir 'n spookstorie is as Kosmosblomme.




Hierdie keer is Hoërskool Parow se o. 15A rugbyspan uitgenooi om oor die Paasnaweek aan die Francois Swart-rugbyweek in Pretoria deel te neem. Hulle gaan tuis in een van die koshuise van Affie Seuns saam met van die ander genooide skole.

Die Affies rugbyspanne word die Wit Bulle genoem. Die Hoër Tegniese Skool Middelburg is die Rooi Bulle. Die denkbeeldige o. 15A rugbyspan van Hoërskool Parow is die Windhonde. Die ander rugbyspanne kom van Pretoria Boys' High, Grey Kollege, Kearsney College en Maritzburg College.


Op aanbeveling van een van die rugbyafrigters het ek en my man een Saterdagoggend na die Mitchelin Rugbyreeks by die LC de Villiers-stadion by TUKS gaan kyk om sodoende die gees en atmosfeer by so 'n rugbyfees mee te maak. Die wonderlikste van alles was, dat almal my met die grootste geduld gehelp het.


Duiwel in die Bos was alreeds einde 2005 by die Jeugverhaalredakteur van Human en Rousseau maar is nooit as 'n enkel titel gepubliseer nie. Hoekom weet ek nie. Dit was later vir my 'n groot verleentheid omdat ek met verskeie adjunkhoofde, onderwysers en rugbyseuns oor die Francois Swart-rugbytoernooi  wat jaarliks tydens die Paasnaweek in Pretoria plaasvind, onderhoude gevoer het. Almal wou weet wanneer kan hulle die rugbystorie lees. Die een adjunkhoof is intussen as skoolhoof by 'n ander hoërskool aangestel, die seuns was al op universiteit, maar nog geen spoor van 'n gepubliseerde Duiwel in die Bos nie!  En intussen is die straatname van Pretoria ook verander!

Hier is 'n paar foto's wat ek op die terreine van Afrikaans Hoër Seunskool en Pretoria Boys' High School geneem het. 

Die vierkant van Affies, een van die lang stoepgange en een van die rugbyvelde.



 
Die tonnel onderdeur die treinbrug naby Affies waar Wikus iets vreemds opgemerk het.




Plekke waar ek gedink het 'n spook sal ronddwaal!



Ek staan tussen die gras op die terrein van Pretoria Boys' High School.


Uiteindelik, sewe jaar later, in 2012, is Duiwel in die Bos in Gedaantes en Geraamtes Omnibus 3 opgeneem.

Lees gerus waarom Pote en Mia nooit tot rus sal kan kom nie.




Wednesday 7 November 2012

Spookhuis by die See

Het 'n interessante agtergrond. Een van my kollega's by Laerskool Lynnwood het op 'n dag met 'n stokou trekklavier by die kantoor opgedaag, met die woorde: Skryf 'n spookstorie hieroor.




Die trekklavier het ongeveer twee weke in my werkskamertjie gelê sodat ek genoeg tyd gehad het om dit te bekyk, bevoel en beruik. 'n Paar klawers het ontbreek en wanneer ek dit gedruk het, het ek 'n melancholiese geluid gehoor.

Maar toe het ek nog nie 'n spookhuis nie. Nadat ek en my man eenkeer rondgery het, het ek op hierdie huis afgekom en besluit dat dit is hoe die  spookhuis moet lyk!


Nadat ek heelwat navorsing oor Mosselbaai se nuwe ontwikkelings gedoen het, het ek Spookhuis by die See geskryf. Die manuskrip was alreeds in 2000 by Human en Rousseau se Kinder-en Jeugverhale redaktrise, maar is eers in 2003 gepubliseer.

 
Spookhuis by die See is genomineer vir die MER-Prys vir Kinder-en Jeuglektuur, maar het ongelukkig nie die prys ontvang nie. In 2009 het Spookhuis by die See se vyfde herdruk beleef. Dit is 'n voorgeskrewe leesboek vir Afrikaans Eerste Addisionel Taal Graad nege by verskeie hoërskole in die Suid-Kaap. Spookhuis by die See is opgeneem in Gedaantes en Geraamtes Omnibus 3.

 
Lees gerus waarom Wikus en Karel saam met Giepie en sy ouers Mosselbaai toe is, waarom hulle nie in die groot huis kon slaap nie, maar in die houthuid aan die rant van die dorp moes slaap. Waarom dwaal daar 'n klein wit bokkie naby die huis rond? Hoe het Wikus agtergekom dat daar iets vreemds in die huis aan die gang is? En dan is daar ook nog die geheimsinnige ou man wat die inwoners van Mosselbaai ten alle koste vermy. Hoekom? Het dit dalk iets met die trekklavier te doen wat Giepie se oom op die strand opgetel het?
 

Tuesday 6 November 2012

Louise Prinsloo: Die geeste van die Amathole

Louise Prinsloo: Die geeste van die Amathole: Die geeste van die Amathole is die 9de titel in die Gedaantes en Geraamtes-reeks spookstories maar is nooit as 'n enkel boek gepubliseer nie...