Die geeste van die Amathole is die 9de titel in die Gedaantes en Geraamtes-reeks spookstories maar is nooit as 'n enkel boek gepubliseer nie. Waarom, weet ek nie. Die verhaal was al in 2006 by die uitgewers, maar is eers in 2009 in die Gedaantes en Geraamtes Omnibus 2 opgeneem.
Die geeste van die Amathole speel af in die Oos-Kaap in die skaduwee van die Amathole berge. In Xhosa beteken Amathole 'n kalfie. In vergelyking met die Drakensberge is die Amathole 'n kalfie.
My man moes in 2004 King William's Town in die Oos-Kaap toe gaan vir werk. Ek was bevoorreg om saam met hom te kon gaan. Omdat heksuitruikery en hekseverbanding nog steeds in ons moderne tyd plaasvind en die Oos-Kaapse koerante destyds vol was van 'n jong vrou wat as 'n heks uitgeruik en verbrand is, het ek besluit om dit in die storie te gebruik.
Lees gerus Die geeste van die Amathole om uit te vind wat het met Wikus gebeur toe hy 'n werwelbeentjie opgetel en in sy sak gesteek het.
Wie is die geheimsinnige Xhosa-meisie wat Wikus se aandag probeer trek? En waarom doen sy dit?
Hoe kan Wikus haar help?
Wikus, Karel en Giepie is saam met die res van die o.15A-krieketspan uitgenooi om aan die krieketkliniek van Dale College in die eerste week van Desember deel te neem. Hulle noem hulself die Parow Sparrows. Dale College is in King William's Town. Die skole wat betrokke is by die denkbeeldige krieketkliniek is: Selbourne College, Stirling High en Bisho High.
Bedags wanneer my man op kantoor was, het ek King William's Town verken as deel van my navorsing. Ek het die plaaslike biblioteek asook die Sendingmuseum besoek waar Eerwaarde Brownlee se Bybel en ander besittings uitgestal word.
Ek het hierdie wildevyenboom afgeneem aangesien dit vir my die spokerige atmosfeer van die storie gepas het. Dit is dan ook by hierdie boom dat Wikus 'n werwelbeentjie uit die grond uitgrawe.
Ek het oa die Amatholemuseum besoek, waar die opgestopte karkas van Huberta, 'n legendariese seekoei staan. Huberta het 1, 000 kilometer van Natal tot in die Oos-Kaap geloop en langs die pad landerye en groentetuine geplunder. In 1930 is sy deur 'n boer van King William's Town doodgeskiet, wat 'n wye reaksie ontlok het. Die oorgroot meerderheid mense was kwaad vir die boer, terwyl ander gesê het dat sy te veel skade aangerig het.
Een Saterdag het Daan my so 'n bietjie rondgeneem.
Lees gerus Die geeste van die Amathole om uit te vind wat het met Wikus gebeur toe hy 'n werwelbeentjie opgetel en in sy sak gesteek het.
Wie is die geheimsinnige Xhosa-meisie wat Wikus se aandag probeer trek?
Tuesday, 6 November 2012
Monday, 5 November 2012
Louise Prinsloo: Skimme van Gister
Louise Prinsloo: Skimme van Gister: Skimme van Gister is die 6de titel in die Gedaantes en Geraamtes-reeks spookstories geskik vir kinders tussen 10 - 12, maar jonger lesers ge...
Skimme van Gister
Skimme van Gister is die 6de titel in die Gedaantes en Geraamtes-reeks spookstories geskik vir kinders tussen 10 - 12, maar jonger lesers geniet dit ook, sowel as volwassenes.
Wikus wen 'n pastelskets as troosprys by Hoërskool Parow se veerpyltjiekompetisie. Dit is in 1956 deur 'n VM geskets. Aanvanklik is Wikus teleurgesteld, maar hoe langer hy na die pastelskets kyk, hoe meer kry die witgekalkte huis met 'n strooidak en gewel, vir hom karakter. Dit lyk vir hom asof die groengeverfde voordeur enige tyd kan oopswaai.
Voordat ek Skimme van Gister begin skryf het, het ek baie nagelees oor hipnose en selfs 'n kliniese sielkundige besoek wat hipnose op haar pasiënte uitoefen, met hulle toestemming, natuurlik om te probeer uitvind wat in hulle verlede gebeur het. Sy het my van waardevolle inligting voorsien wat ek in Skimme van Gister gebruik het, bv die egalige getik van Wikus se staanwekker op sy bedkassie wat hom gehipnotiseer het elke keer wanneer hy stip na die groengeverde voordeur staar.
Dit voel later vir Wikus asof die pastelskets hom wil intrek en deel maak van gebeurde waar iets nie lekker pluis is nie.
Skimme van Gister is in Gedaantes en Geraamtes Omnibus 3 opgeneem. Lees gerus op bladsy 77 of Wikus die raaisel van die hartseer vrou in sy stoel sal kan oplos. En wat Karel en Giepie gaan doen om hom te help.
Die illustreerder van die idividuele boeke, Angus McBride, het geëmigreer en kon dus ongelukkig nie die Omnibusse illustreer nie. Janine Henning het die illustrasies van al drie die omnibusse op haar rekenaar gedoen en nie per hand, soos Angus McBride nie.
Wikus wen 'n pastelskets as troosprys by Hoërskool Parow se veerpyltjiekompetisie. Dit is in 1956 deur 'n VM geskets. Aanvanklik is Wikus teleurgesteld, maar hoe langer hy na die pastelskets kyk, hoe meer kry die witgekalkte huis met 'n strooidak en gewel, vir hom karakter. Dit lyk vir hom asof die groengeverfde voordeur enige tyd kan oopswaai.
Dit voel later vir Wikus asof die pastelskets hom wil intrek en deel maak van gebeurde waar iets nie lekker pluis is nie.
Skimme van Gister is in Gedaantes en Geraamtes Omnibus 3 opgeneem. Lees gerus op bladsy 77 of Wikus die raaisel van die hartseer vrou in sy stoel sal kan oplos. En wat Karel en Giepie gaan doen om hom te help.
Die illustreerder van die idividuele boeke, Angus McBride, het geëmigreer en kon dus ongelukkig nie die Omnibusse illustreer nie. Janine Henning het die illustrasies van al drie die omnibusse op haar rekenaar gedoen en nie per hand, soos Angus McBride nie.
Die Osirisraaisel
Die Osirisraaisel is die vyfde titel in die Gedaantes en Geraamtes-reeks spookstories. Die Osirisraaisel het in1997 verskyn en handel oor bygelowe.
Wie het nog nie byvoorbeeld van Vrydag die 13de gehoor nie? Of dat 'n hotel nie 'n kamer 13 het nie, maar 11, 12, 14, 15?
Daar moet altyd 'n rede wees waarom 'n persoon na sy dood nie tot rus kan kom nie. Lees waarom die klerekas so bekrap was met allerhande simbole en syfers om die spook of afgestorwe gees weg te hou.
Min het Wikus, Karel en Giepie kon raai op watter paaie die kas wat Wikus se ouma vir hom op 'n vendusie gekoop het, hulle sou neem.
Die Osirisraaisel is as die tweede verhaal in Gedaantes en Geraamtes Omnibus 2 opgeneem.

Louise Prinsloo: Droomkamer op Donkerhoek
Louise Prinsloo: Droomkamer op Donkerhoek: Droomkamer op Donkerhoek is die vierde titel in die Gedaantes en Geraamtes-reeks spookstories geskik vir 10 - 12 jariges. Donkerhoek is 'n d...
Dwaalgees van Duiwelskantoor
Dwaalgees van Duiwelskantoor is die sewende titel in die reeks Gedaantes en Geraamtes-spookstories. Hierdie boek het van die rakke gevlieg, maar om een of ander duistere rede, is dit nooit herdruk nie.
In hierdie verhaal gaan al die graadneges op 'n geskiedenistoer. Wikus, Karel, Giepie en hulle groep gaan na Kaapschehoop met Chané as hulle groepleier. Sommer op pad daarheen kom Wikus alles is nie pluis nie, veral nadat hy 'n ruiter in die ou NZASM-tonnel gesien het. Maar toe hulle in die Royal Hotel gaan slaap omdat die gastehuis vol is, begin die poppe dans.
My man moes 'n week in Nelspruit gaan werk, maar het in die Silver Mist Gastehuis op Kaapschehoop in Mpumalanga tuisgegaan. Hy het dit vreeslik geniet en toe hy weer Nelspruit toe moes gaan, neem hy my saam. Toe die eienares van die gastehuis hoor ek skryf stories, vra sy dat ek iets oor Kaapsche Hoop moet skryf, op voorwaarde dat dit nie in die gastehuis spook nie! Aangesien daar omtrent geen inligting oor Kaapschehoop beskikbaar was nie, moes ek baie navorsing doen.
Kaapschehoop het tydens die goudstormloop as Duiwelskantoor bekendsgestaan aangesien een van die landmeters gesê het: Net die duiwel kan hier bly, so ruig en onwoonbaar is die plek. Daar is ook foto's van die amptelike opening van El Diablo of Duiwelskantoor. Die Kerk het egter beswaar aangeteken en die naam is verander na Kaapschehoop.
Hier staan ek op die eskarp wat uitkyk oor die vallei. Let op hoe mistig dit is. Die delwers het gehoop om goud te kry op die berg wat soos Tafelberg met sy miswolke lyk - vandaar die naam Kaapschehoop. Soms word die naam Kaapsche Hoop gespel.
Die gastehuis op Kaapschehoop wat eens op 'n tyd die poskantoor en winkel was
Links is 'n foto van 'n lid van die ZARP - Zuid- Afrikkaansche Republiek Politie. Kaptein Ziervogel van die ZARP moes elkee jaar die inkomstebelasting van die delwers insamel en na Lydenburg te perd neem. Dit was 'n tydrowende en gevaarlike werk aangesien struikrowers die koetse en ruiters voorgelê en beroof het.
Regs op die foto is die begraafplaas waar delwers en inwoners van Kaapschehoop begrawe is.
Lees gerus die Dwaalgees van Duiwelskantoor wat in Gedaantes en Geraamtes Omnibus 2 opgeneem is en vind uit waarom Kaptein Ziervogel, sy perd en sy hond op Kaapschehoop dwaal. En hoe Wikus hulle tot rus laat kom het.
Gedaantes en Geraamtes Omnibus 2 is verkrygbaar by Exclusive Books, Graffi-Books, E-Books by Lynnridge Mall Lynnwoodrif asook Protea Boekwinkel in Hatfield Pretoria, Potchefstroom, Nelspruit (Mbombela) en Stellenbosch.
In hierdie verhaal gaan al die graadneges op 'n geskiedenistoer. Wikus, Karel, Giepie en hulle groep gaan na Kaapschehoop met Chané as hulle groepleier. Sommer op pad daarheen kom Wikus alles is nie pluis nie, veral nadat hy 'n ruiter in die ou NZASM-tonnel gesien het. Maar toe hulle in die Royal Hotel gaan slaap omdat die gastehuis vol is, begin die poppe dans.
My man moes 'n week in Nelspruit gaan werk, maar het in die Silver Mist Gastehuis op Kaapschehoop in Mpumalanga tuisgegaan. Hy het dit vreeslik geniet en toe hy weer Nelspruit toe moes gaan, neem hy my saam. Toe die eienares van die gastehuis hoor ek skryf stories, vra sy dat ek iets oor Kaapsche Hoop moet skryf, op voorwaarde dat dit nie in die gastehuis spook nie! Aangesien daar omtrent geen inligting oor Kaapschehoop beskikbaar was nie, moes ek baie navorsing doen.
Kaapschehoop het tydens die goudstormloop as Duiwelskantoor bekendsgestaan aangesien een van die landmeters gesê het: Net die duiwel kan hier bly, so ruig en onwoonbaar is die plek. Daar is ook foto's van die amptelike opening van El Diablo of Duiwelskantoor. Die Kerk het egter beswaar aangeteken en die naam is verander na Kaapschehoop.
Hier staan ek op die eskarp wat uitkyk oor die vallei. Let op hoe mistig dit is. Die delwers het gehoop om goud te kry op die berg wat soos Tafelberg met sy miswolke lyk - vandaar die naam Kaapschehoop. Soms word die naam Kaapsche Hoop gespel.
Die gastehuis op Kaapschehoop wat eens op 'n tyd die poskantoor en winkel was
Een van die oorspronklike kliphuise op Kaapschehoop
Die sonlig skyn deur 'n skeur van 'n ou klipmurasie op Kaapsche Hoop. Let op na die wasigheid op die linkerkant van die foto. As jy jou verbeelding rek, sal jy dalk glo dat dit 'n afgestorwe gees is!Links is 'n foto van 'n lid van die ZARP - Zuid- Afrikkaansche Republiek Politie. Kaptein Ziervogel van die ZARP moes elkee jaar die inkomstebelasting van die delwers insamel en na Lydenburg te perd neem. Dit was 'n tydrowende en gevaarlike werk aangesien struikrowers die koetse en ruiters voorgelê en beroof het.
Regs op die foto is die begraafplaas waar delwers en inwoners van Kaapschehoop begrawe is.
Lees gerus die Dwaalgees van Duiwelskantoor wat in Gedaantes en Geraamtes Omnibus 2 opgeneem is en vind uit waarom Kaptein Ziervogel, sy perd en sy hond op Kaapschehoop dwaal. En hoe Wikus hulle tot rus laat kom het.
Gedaantes en Geraamtes Omnibus 2 is verkrygbaar by Exclusive Books, Graffi-Books, E-Books by Lynnridge Mall Lynnwoodrif asook Protea Boekwinkel in Hatfield Pretoria, Potchefstroom, Nelspruit (Mbombela) en Stellenbosch.
Droomkamer op Donkerhoek
Droomkamer op Donkerhoek is die vierde titel in die Gedaantes en Geraamtes-reeks spookstories geskik vir 10 - 12 jariges. Donkerhoek is 'n denkbeeldige landgoed in die Kaap, nie ver van Bloubergstrand af nie.
In hierdie verhaal moet die drie maters Giepie se tant Nelda oor die langnaweek op Donkerhoek moet gaan oppas. Nog voordat die drie seuns in die kelder gekom het, was hulle dadelik gefassineer met die interessante ou huis, weggesteek tussen somber bome. Karel wou onmiddellik net fotostudies doen. Wikus het besef dat die hoefyster, weerhaan en bossie knoffel dalk 'n aanduiding van spookbedrywighede op Donkerhoek kan wees. Maar dis eers toe hy in die dakkamertjie slaap en vreemde drome kry, dat hy besef dat iets ongewoons op Donkerhoek aan die gang is.
Voordat ek hierdie verhaal geskryf het, het ek heelwat navorsing oor drome, die Slag van Bloubergstrand en die vrylating van die slawe aan die Kaap gedoen.
Die illustreerder, Angus McBride se bandsillistrasie, is uitmuntend gedoen.
Lesers wat die ander titels in die reeks geniet het, sal Droomkamer op Donkerhoek verslind.
Droomkamer op Donkerhoek is die vierde verhaal wat in Omnibus 1 opgeneem is.
Koop gerus Gedaantes en Geraamtes Omnibus 1 en geniet die eerste vier spookstories van die Gedaantes en Geraamtes-reeks!

Subscribe to:
Posts (Atom)